Oor ons

Ons storie

Forum Makelaars is in 2003 gestig met die doel om korttermyn versekering advies en dienste te lewer vir Suid – Afrikaanse kliente. Ons doen tans besigheid in 6 dorpe / stede en aanlyn. Ons is ‘n gemagtigde Finansiële Dienste Verskaffer met lisensie nommer 17660.

Ons diens en advies is ons trots, daarom is ons leuse “TROTS DIE MIDDELMAN”.  Ons vestig langtermyn besigheids vennootskappe.  Hierdie diens en advies word met ervaring, integriteit en kundigheid gelewer.