Oesversekering – Volkome gemoedsrus

Vir produsente is dit ondenkbaar om ooit in ‘n posisie te beland waar hulle die volgende seisoen nie weer kan produseer nie. Met die onvoorspelbare weerpatrone word oesversekering se doel sterk uitgelig: om klimaatrisiko’s te mitigeer en produsente daarteen te beskerm.

Oesversekering moet dus gesien word as ‘n noodsaaklike insetkoste en verseker nie as ‘n luukse nie.

Oesversekering dek produsente teen verlies of skade as gevolg van hael, brand, ryp en produkverlies gedurende transito. Volgens Forum Makelaars word 90% van oesversekering eise uitbetaal weens haelskade, omstandighede wat totaal en al onvoorsienbaar en onvoorkombaar is. Oesversekering bied dus gemoedsrus dat die nodige dekking wel in plek is teen situasies buite die produsent se beheer.  

Vir saaiboere word die meeste somer- en wintergewasse ingesluit by oesversekering. Meerjarige spesialiteitsgewasse soos byvoorbeeld neute en sitrus word ook gedek. Daar is heelwat oorwegings wat in ag geneem moet word wanneer daar vir versekering aansoek gedoen word, wat insluit die veranderlike markprys sowel as verwagte teenoor werklike opbrengs van jou versekerde gewasse.

Eisprosedures, risiko’s, vrystellings en ‘n totale aanbod word deeglik met produsente gekommunikeer voor aanvaarding aangesien dekking soms onveranderlik bly tot na die versekerde tydperk.

Gert Botha bied oesversekering vir ons lokale produsente by Forum Makelaars se Modimolle tak en is ‘n welbekende gesig onder gemeenskapslede. Hy is in Modimolle gebore, het in die strate saam met maats baljaar en is ook later hier in die mooie NG Moedergemeente Kerk met Anda getroud, tans ‘n onderwyseres by Laerskool Nylstroom.

Forum Makelaars het in 2004 sy deure in Modimolle geopen en Gert was vanaf die eerste dag een van die staatmakers wat deel vorm van ‘n betroubare en toegewyde span makelaars wat ook persoonlike, kommersiele, reis en mediese versekerings dienste aan hulle verskeie kliente bied.

Na 20 jaar in die versekeringsbedryf staan Gert met trots as die voorste kenner in oesversekering by Forum Makelaars.

Kontak Gert gerus vir jou gemoedsrus via epos by gert@fsa325.co.za of telefonies op 014 717 4958.

Bronne aangehaal:

https://landbou.com

https://www.grainsa.co.za/

https://scenario.co.za

Inligting verskaf deur Gert Botha van Forum Makelaars Modimolle en verwerk deur Waterberg Outsourcing.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *